Soos Reën & Sneeu van die Hemel Neerdaal

Soos Reën & Sneeu van die Hemel Neerdaal

Skrifoordenkings & Skrifbelewenisse, Inspirasie vir Elke Dag

(Groep 7 Uitgewers, Pretoria, 164 bladsye, Prys R100.00)

Daar is heelwat navorsing gedoen rondom die wyse waarop ’n persoon elke nuwe dag behoort te begin. Dit resultate dui daarop dat die ou spreekwoord toe inderdaad waar is – ’n goeie begin is half gewin! Twee komponente blyk van groot waarde te wees: ’n Goeie ontbyt, sowel as ’n paar oomblikke opsygesit vir wat vroeër jare as ’n ‘stiltetyd’ beskryf was. ’n Tydjie afgesonder vir gebed, ’n Skriflesing, sowel as ’n kort pittige Skrifoordenking, kan van groot waarde wees om my die dag positief en met ’n ligte tred te laat begin! Hierin poog hierdie skrywe om ’n bydrae te lewer. Mag die leser hiervan, net so geseën wees as wat dit vir die skrywer was by die neerpen daarvan.