Onweerstaanbaar!

‘n Blik op die samehang van die Skrif vanuit die konteks van dispensasies ontsluit ‘n verrassende koninkryk van liefde

(Groep 7 Uitgewers, Pretoria, 127 bladsye, Prys R100.00)

Dit is hartseer dat sommige gelowiges die Hemelse Vader beleef as ongenaakbaar, gereed om te straf, ja, as die outeur van sekere teëspoed en ellende in hul lewens. ‘n Blik op die samehang van die Bybel vanuit die konsep van dispensasies – dit is duidelik onderskeibare tydperke waar God uniek en anders opgetree het met verskillende doelwitte – ontvou egter ‘n verrassende koninkryk van liefde! Op gebruikers-vriendelike wyse word die leser begelei tot nuwe insigte hierin, wat byvoorbeeld ook insluit antwoorde oor die boek Job, asook die verstommende reis vanaf die donker wolk van Deuteronomium 28, na die oorwinning van Galasiërs 3! Jy word saamgenooi op hierdie ontdekkingstog!