Kyk, Hy Kom op die Wolke

Kyk, Hy Kom op die Wolke

‘n Oorsig oor die Wederkoms van Christus vanuit die boek Openbaring

(Groep 7 Uitgewers, Pretoria, 162 bladsye, Prys R100.00)

Asemrowende beelde en simbole vertel die verhaal van die Wederkoms van Christus in die Openbaringboek. Maar wie is die Vier-en-twintig Ouderlinge en die Vier Lewende Wesens voor die troon van God? Watter rol speel die Vier Ruiters van Openbaring, die Antichris, en die Slag van Armageddon, in die groter prentjie van die Wederkoms? Wat is die rol van die Draak wat in die hemel verskyn, die Dier wat uit die aarde opkom, en die Dier wat vanuit die see sy verskyning maak? Die verklaring hiervan, asook van ander hoofmomente, maak hierdie sonderlinge profesie oor die tweede koms van Christus net soveel meer toeganklik. Terselfdertyd ontvou ’n fassinerende tafereel oor hierdie grootse gebeurtenis wat homself hier op aarde gaan afspeel!